Skip to content Skip to footer

’n Onvergeetlike voorbereidingsjaar!

«
Banners2
Maak van die grootmenswêreld kinderspeletjies!
Jy sal nooit weer dieselfde wees nie!

’n Padkaart vir die toekoms

Oor die afgelope 15 jaar het dié program soveel Postmatrieks gehelp. Hulle kon danksy loopbaanbeplanning en -begeleiding seker maak wat hulle in die toekoms wil doen.

Ná afloop van hul ATKV-Postmatriekjaar het hulle ook ’n hele klomp ekstra vaardighede om op hulle CV by te voeg. Die grootste waarde van dié program lê in die emosionele groei wat onder die jongklomp plaasvind.

Baie ouers sê vir ons dat hulle ’n kind in Februarie afgelaai het, in November het hulle ’n grootmens kom haal.

Doen aansoek!

Sê “ja” vir ’n blink toekoms.

Die ATKV-Postmatriekjaar is ’n tien maande lange gestruktureerde oorbruggingsprogram waarin die jongmense tussen 30 en 35 verskillende kursusse doen. Benewens die persoonlikheidsontwikkeling wat plaasvind en die wye verskeidenheid akademiese kursusse waaruit elkeen kan kies, is daar ook avontuurgeleenthede, dinge wat bloot vir die pret gedoen word en dan word daar ook op vaardighede gefokus wat jou straatskerp sal maak. Dit sluit aspekte soos: etiket, seksualiteit, selfverdediging en huishoudelike vaardighede in.

trail-img-13-copyright
trail-img-7-copyright

Leer ken die span

Neem 'n blaaskans