Oor die afgelope 12 jaar het dié program soveel Postmatrieks gehelp. Hulle kon danksy loopbaanbeplanning en -begeleiding seker maak wat hulle in die toekoms wil doen.
Ná afloop van hul ATKV-Postmatriekjaar het hulle ook ’n hele klomp ekstra vaardighede om op hulle CV by te voeg. Die grootste waarde van dié program lê in die emosionele groei wat onder die jongklomp plaasvind.
Baie ouers sê vir ons dat hulle ’n kind in Februarie afgelaai het, in November het hulle ’n grootmens kom haal.