Skip to content Skip to footer

Toekomsbeplanning

  • Loopbaanvoorligting en begeleide loopbaankeuses word in die program ingebou.

Jou aanleg en belangstellings word individueel deur ’n bedryfsielkundige bepaal. Skaduwerk vind ook plaas. Jy gaan die geleentheid kry om verskillende beroepe te ervaar deur vir ’n dag of twee saam met suksesvolle persone op die onderskeie gebiede deur te bring om sodoende ’n gevoel vir die spesifieke loopbaan te kry.

  • Opstel van CV’s.

Een van ons doelwitte is ook om jou te help bou aan ’n indrukwekkende CV. Sertifikate word dus toegeken vir al die kursusse wat deur die loop van die jaar voltooi is en behalwe vir opleiding in die opstel van ’n CV, kry jy ’n professioneel opgestelde en gebinde CV wat al die kursusse van jou Postmatriekjaar insluit.

Leave a comment

ATKV-Postmatriek © 2021. All Rights Reserved.

Previous Next
Close
Test Caption
Test Description goes like this