Belê in jouself!
Ons program is tien maande lank en gevul met visie, doelwitte, avontuur en uitdagings om nie net jou leierskappotensiaal te ontdek nie, maar om jou ook te help om die insig en vermoë te ontwikkel om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom jou toekoms en loopbaanrigting te neem.

Akkommodasie
Studente word gehuisves in ’n koshuis op ATKV-Drakensville. Elke kamer het ingeboude kaste en sluitfasiliteite om persoonlike eiendom te beskerm. Deel van die leierskapontwikkeling is om verantwoordelikheid te neem. Dit sluit in die verantwoordelikheid vir die skoonmaak en onderhoud van toerusting, geriewe en kamers.

Neem Die Stap
Neem 'n blaaskans








