Skip to content Skip to footer

Belê in jouself!

Belê in jou toekoms.

Ons program is tien maande lank en gevul met visie, doelwitte, avontuur en uitdagings om nie net jou leierskappotensiaal te ontdek nie, maar om jou ook te help om die insig en vermoë te ontwikkel om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom jou toekoms en loopbaanrigting te neem.

A female standing on a hill looking over the jungle

ONS PROGRAMVENNOTE

Persoonlikheids- ontwikkeling

Loopbaanvoorligting en begeleide loopbaankeuses is in die program ingebou.

Jou aanleg en belangstellings word individueel deur ’n bedryfsielkundige bepaal. Jy gaan ook die geleentheid kry om meer oor ’n spesifieke beroep uit te vind deur vir ’n dag of twee saam met suksesvolle persoon in daardie veld deur te bring.

Opstel van CV’s:

Een van ons doelwitte is om jou te help bou aan ’n indrukwekkende CV. Sertifikate word dus toegeken vir al die kursusse wat deur die loop van die jaar voltooi is en benewens opleiding in die opstel van ’n CV, kry jy ’n professioneel opgestelde en gebinde CV wat al die kursusse van jou ATKV-Postmatriekjaar insluit.

Straatskerp

Die volgende lewensvaardighede gaan jou selfstandig maak en selfvertroue vir die grootmenswêreld gee
  • Algemene regsbeginsels
  • Persoonlike finansies en begroting
  • Entrepreneurskap
  • Basiese besigheidsbestuur
  • Projekbestuur
  • Etiket
  • Die aanleer van Zoeloe
  • Algemene beginsels in Afrikaanse skryfkuns
  • Seksualiteit
  • Wapenvaardigheid
  • Selfverdediging
  • Basiese doen-dit-self-vaardighede
  • Kompas-, kaart- en GPS-navigasie
  • Veldkookkuns
  • Huishoudelike vaardighede (kosvoorbereiding, huishouding)

Avontuur

Ons gewilde avontuursegment sal jou help om nie net jou vrese te oorkom nie, maar om ook selfvertroue te bou.
  • Bergfietskursus
  • Skubaduik
  • Stap- en wildernis-ekspedisies
  • Perdehantering en ruiterkuns
  • Witwaterroei (River rafting)
  • Abseil en rotsklim
  • Avontuurresies en -oriëntering
  • Jag- en slagkuns
  • Kampkuns
  • Avontuurfasilitering en -aanbieding
  • Veldoorlewing
  • Noodhulp: vlak 1 en 2
  • Voël- en boomidentifikasie

Pret

Die ontwikkeling van sosiale- en kommunikasievaardighede is baie belangrik in die geheelontwikkeling van studente.
  • Kultuurervarings
  • Bergfietstoer
  • Buurlanduitstappies na Lesotho, Mosambiek en Botswana
  • Omgewingsleer
  • Geskiedenis

Akademie

Jy kan een van die onderstaande geakkrediteerde aanlyn kursusse tydens jou ATKV-Postmatriekjaar voltooi. Só word krediete bymekaar gemaak vir die rigting waarin jy belangstel of jy kan bloot net meer leer oor ’n spesifieke veld en boonop aan jou indrukwekkende CV werk.

Geakkrediteerde aanlyn kursusse:

  • Advanced Microsoft Excel | PowerPoint | Word
  • Beginner Microsoft Excel
  • Cyber Security Fundamentals
  • Emotional Intelligence
  • Events Management
  • Human Resource Management
  • Intermediate Microsoft Excel Introduction to Bookkeeping
  • Labour Law
  • Managing Social Media
  • Risks Mitigating Failure in Project Management
  • Online Personal Branding
  • Principles of Graphic Design
  • Foundations of Teaching Grade R
  • Teaching Remedial Learning
  • Adobe Design Applications: Illustrator | InDesign | Photoshop
  • Introduction to Photography
  • Mind power for Successful Managers
  • Principles of Active Citizenship

Akkommodasie

Studente word gehuisves in ’n koshuis op ATKV-Drakensville. Elke kamer het ingeboude kaste en sluitfasiliteite om persoonlike eiendom te beskerm. Deel van die leierskapontwikkeling is om verantwoordelikheid te neem. Dit sluit in die verantwoordelikheid vir die skoonmaak en onderhoud van toerusting, geriewe en kamers.

ATKV-Postmatriek © 2021. All Rights Reserved.

Previous Next
Close
Test Caption
Test Description goes like this